Skepping: Aarde-Melkweg-Heelal.

Skepping:Aarde-Melkweg-Heelal.

Einstein Wou Weet Hoe Die Skepper Die Wêreld Geskep Het.

Albert Einstein.

Albert Einstein.

Die mees indrukwekkendste gebeure het omvou  binne die Laboratorium van die Kosmos tydens die Skepping daarvan.Albert Einstein (14 Maart 1879-18 April 1955)was ‘n teoretiese fisikus wat wyd as die grootse wetenskaplike van die 20ste eeu beskou is.Hy het Wiskunde begin leer op twaalfjarige ouderdom.Twee van sy ooms het sy intellekteule belangstelling gevoed deur boeke van Wiskunde en Wetenskap aan hom beskikbaar te stel.Einstein het die pos  as assitent patenteklerk  in 1902 by die Switserse Patente kantoor bekom. Een van die Direkteure daar,het hom geleer “om myself korrek uit te druk”.Oor die Wiskunde druk Einstein homself as volg uit:”Hoeveel die wette van Wiskunde na die werklikheid verwys is onseker,en sover hul seker is verwys hul nie na die werklikheid nie”.Einstein wou “weet hoe God die wêreld geskep het”.Sy geloof som hy as volg op:”My geloof bestaan uit nederige bewondering vir die onnabootsbare verhewe gees wat homself ontbloot in die geringste detail wat ons met ons brose en swak verstand kan waarneem”.

Die

Skepping:Aarde-Melkweg-Heelal.

Die Denke is die Grootste Krag wat bestaan.Daar bestaan geen Werk wat ‘n harder  Werk is as om te Dink nie.Daarmee saam, die Spreek van die Woord.Alles,wat ons kan sien,ook dit, wat nie eens in die gedagtes van die mens kan opkom nie,het die Skepper Geskep, deur  gesproke Woord .

C R van Hise het in 1909 die Geochronologiese en Stratigrafiese term voorgestel :Dit geld in breëre sin vir die hele Geskiedenis van die Aarde sedert die Planetêre geboorte tot by die Fanerosoïkum.Drie afdelings word hier onderskei:-

1)Die Astrofisiese voorspel.

2)Die Argeïkum(of Asoïkum).

3)Die Proterosoïkum(ook bekend as die Kriptosoïkum,Argeosoïkum en Eosoïkum)

Die Aarde se Geskiedenis word kronologies ingedeel in Geologiese Tydperke.Die Geologie maak tans gebruik van die “Internasionale Kommissie oor Stratigrafie”se weergawe van die verskillende geologiese tydperke.

Die Geskiedenis van die Aarde word in vier kronologiese Hooftydperke of Eons ingedeel.Dit is die (1)Hadeïkum (2)Argeïkum (3)Proterosoïkum -hierdie drie word gesamemlik die Prekambruim(Kambrium) genoem,en die (4)Fenerosoïkum.Die vier Eons word weer in Eras verdeel.Die jongste Eon,die Fenerosoïkum se Eras is dan die (1)Paleosoïkum (2)Mososoïkum,en die (3) Kainosoïkum.Ons vind dan die laaste Era,die Kainosoïkum,in drie Periodes verdeel word,wat bekend is as die (1)Paleogeen,die(2)Neogeen en die (3)huidige Kwartêr.Die Periodes word in Epogs verdeel.Die Kwartêr se Epogs verdeling is dan die (1)Pleitoseen en(2)Holoseen.Epogs word onderverdeel in Tydsnedes.

Die VORMING VAN DIE SONNESTELSEL

Die Astrofisiese voorspel.

Die Astrofisiese voorspel.

Die Astrofisiese voorspel.

 

Die Sonnewel-Hipotese:

Die Sonnestelsel is gevorm uit ‘n groot,draaiende wolk van Interstellêre stof en gas net na die Groot Knal. Dit het uit Waterstof en Helium en swaarder elemente bestaan  wat van Supernovas afkomstig was.Die nevel se sametrekking kon plaasgevind het deur ‘n nabye Supernova.Die nevel se draaiing was moontlik veroorsaak deur ‘n skokgolf wat veroorsaak het dat dit vinniger begin draai het.Die gevolg:Die hoekmomentum,swaartekrag en inersie(rustraagheid)is platgedruk  in’n protoplanetêre skyf loodreg op sy draai-as.Versteurings vanweë botsings en die hoekmomentum van ander groot brokstukke het veroorsaak dat proto-planete begin vorm het wat om die middel van die newel geroteer het.

Die middel van die nevel het vinnig begin inmekaar stort. Die samedrukking het dit verhit totdat die kernfusie van Waterstof in Helium begin het.Kernfusie of kernsmelting is die samesmelting van ligter atoomkerne tot swaarder kern.Die smelting is slegs moontlik by baie hoë temperatuur en druk-wanneer atome vinnig beweeg en hard teen mekaar bots.Tydens harde botsings, dring die atoomkern van een atoom die atoom se kern van ‘n ander atoom se kern binne, en word saamgesmelt om een atoom te vorm met ‘n groter kern.

Wanneer Deuterium ²H-‘n Waterstofatoom met 2 Nukleone,1Proton en 1 Neutron(Atoomgetal 1)met Tritium-³H-1 Proton en 2 Neutrone,saamsmelt om ⁴He,Atoomgetal 2 te vorm.Energie word vrygestel omdat ⁴He ‘n laer massa het as die som van ²H en ³H. Die energie wat vrygestel word,word bereken deur die formule E=mc².Dit word as volg voorgestel:-

²₁H +³₁H icon-arrow-circle-o-right ⁴₂He +¹οn    (Die ²₁H is ‘n Waterstof-atoom met 2 Nukleone:1 Proton en 1 Elektron.

Wanneer atome van Elemente wat ligter as Yster is,soos Waterstof,sou saamsmelt,word ‘n deel van die atome omgesit in energie. In die Waterstof se geval ongeveer 0.67%.Die fusie van swaarder atome as Yster,benodig dus energie en word dan geabsorbeer. en Nie vrygestel soos by ligter atome die geval is nie.Kernfusie moet nie as ‘n kettingreaksie gesien word nie.Daar word geen deeltjies vrygestel wat die nuwe aanhoudende fusie kan veroorsaak nie.Die fusie proses word slegs aan die gang gehou deur ‘n baie hoë temperatuur en druk,wat om die middelpunt van ‘n ster soos die son gevind word.

Nog saampersting het ‘n T Tauri-Ster in die Son laat ontwikkel.Die kenmerk van die T Taurie-sterr is hul veranderlikheid en sterk chromosferiese lyne.Dit word aangetref  naby molukulêre wolke.Die sentrale temperatuur van die sterre is te laag dat fusie van Waterstof moontlik is.Hulle word van krag voorsien deur Swaartekrag-energie vrystelling.Dit vind plaas tydens ineenstorting van die ster wat dan na die hoofreeks beweeg.Hul rotasieperiode word bereken tussen een en twaalf dae met hul kenmerkende baie aktiewe en veranderlike eienskap.

Daarbenewens het swaartekrag in die buitenste dele van die newel saamgepers.Die res van die protoplanetêre skyf het ringe gevorm wat van mekaar geskei het.Groter afval en stofdeeltjies is saamgepers wat Planete gevorm het.Daarna het die nuut gevormde T Tauri-ster se sonwind, die meeste materiaal in die skyf weggeblaas.Die wat nie deel uitgemaak het van die groter liggame nie.Dit het toe die nuwe Sterre en Planete gevorm.

Danksy die akkretiese groei van die proto-aarde dat sy binnekant so warm was,dat die swaar,siderofiele metale begin smelt het.Hulle het gesink aangesien hulle digtheid groter was as die van die Silikate.Die  Ysterramp se gevolg, was dat die mantel en ‘n Metaalkern het van mekaar geskei.Dit vind plaas ,nadat die aardvorming begin het.Dit het die gelaagde struktuur van die Aarde en die vorming van die Planeet se “magneetveld” ten gevolg gehad het.

Die Argeïkum.(Asoïkum)

Argeïkum is afgelei van die Griekse woord,archaios,wat oud beteken.Dit is ook die naam van die geologiese tydperk van die Voor-Kambruim waartydens die eerste sedimente op aarde gevorm is.Daar bestaan nie veel getuienis oor hierdie tydperk nie.Die afsettings daarvan is verander as gevolg van Metamorfose.Die Aarde word geskei deur ‘n diskordansie van die daaropvolgende Algonkium.

Dat daar nog nie fossiele in die afsettings in die stadium van die soeke daarna,gevind is nie,is nie ‘n aanduiding,dat daar nie reeds lewe op aarde was nie.Daar is reeds grafiete en kalkstene uit die periode bekend waaraan plante en diere aan die vorming daarvan kon deelgeneem het.

Die Proterosoïkum(of Protosoïkum)

Die woord Prototerosoïkum is afgelei van die Griekse woord,proteros,wat eerste,vroeër,ouer;en zooè,lewe beteken.Die tydperk staan ook bekend as die Kriptosoïkum,Argeosoïkum en Eosoïkum.

Die Prekambruim was ‘n koue tydperk. Die aarde lewer getuienis op van twaalf ystydperke van wêreldwye omvang.Daar is glasiale gesteentes (tilliete en diamiktiete)bekend daarvan uit  Groenland,Skotland,Skandinawië,Zaïre,Suid-Afrika en Australië.Daar was ‘n afwesigheid van oksiderende verwering met ander woorde,vrye suurstof.Hier was dus nie ‘n klimaat in die gewone sin van die woord nie.Vrye suurstof het eers te voorskein gekom met die teenwoordigheid van geoksideerde rooi sedimente.

Eenvoudige lewe kan algemeen wees.Komplekse lewe vereis spesifieke omgewingstoestande.Die vroegste bekende fossiele verteenwoordig bakterieë en blouwiere.M F Glasessner beweer tydens die periode van die Prokariotiese Organismes wat die prokariotiese sel besit het in teenstelling tot die eukariotiese sel,wat nie ‘n egte kern en chromosome gehad het nie.Die bouwiere wat suurstof vrygestel het-het gesteentes gevorm,wat kalksteenriwwe en koolstoflagies ingesluit het.Die biogene vertoon dan deur lewende organismes gevormde strukture wat bekend staan as stromatoliede,progressiewe verandering van vorms. Dit is van groot nut vir die ontsyfering van die stratigrafie van kalksteen-dolomiet-afsettings.Later het eukariotiese organismes ontstaan wat ooreenstemming toon met groen wiere en skimmels.Egte dierlike lewe het eers later verskyn.Die eerste Metazoa,kom eers algemeen voor as weinig gedifferensieerde vorm soos Radiolaria(eenselliges).Daarna ontwikkel geleidelik ‘n ryk fauna en meersellige diere,veral skaaldiere,sonder ‘n skelet.Dit word opgevolg deur Edikaria,wurms(Spriggina)en seeveerkorale(Rangea)

Die Skielike Verandering In Die Onder-Kambrium Atmosfeer.

Skielik ontwikkel die stamme van die biologiese klasifikasie in die Onder-Kambrium.Dit word toegeskryf aan die ingrypende wysigings in die atmosfeer-tydelike afname in CO2-gehalte en in die Oseane CaCO3-toename.

Die onderste grens van die vroegste sedimente is onbekend.Die aardprosse het die sedimente tot aansienlike mate omvorm.Die oudste gesteente groepe was oorspronklik dik suksessie sediment en lawa gewees.Net in Afrika is daar ses skildgebiede bekend.Tydens die Laat-Prekambrium,is die skildgebiede byna orals aan langdurige erosie onderwerp,voordat die landsoppervlak plek-plek ingeneem is deur die see.Die jongere Prekambriese formasies is gemetamorfiseer,gegrafitiseer,ingedring en vererts deur stollinggesteentes,soosdie omgewing van Ghana en Nigerië,en in die geosinklinale van die Kongo en Oos-Afrika.

Ys-aksie,vulkanisme,deltaïese afsettings em mariene toestande is herkenbaar in die periode.Van Ekonomiese belang is die koperhoudende Katangagroep wat die Rhodesiese skild oordek in die noorde.Die groep sedimente word in drie verdeel:-

a)Die Roan-konglomerate,lawas,tilliet en kalkstene.                                 b)Mwashaya-sedimente,met tilliet sg.Grande Conglo-merate              c)Die Kundemgu-kalkstene en-sandstene.

Stollinggesteentes het die sedimente vervorm en ingedring.Zambiese navorsers beskou koper-mineralisasie as sedimentêr in die Roan,terwyl Kongolese dui op epigenetiese…latere verertsing.Die Cu-Pb-Zn-U verertsing in die Kundelungugesteentes vertoon later as die afsetting van die sedimente.Soortgeleike omstandighede het geheers in die NO.Strekkende Damara-geosinklien in Suidwes-Afrika(Namibië)

Oer-Atmosfeer.

Die oudste dateerde gesteentes van die aardkors was gewoonlik intens gemetamorfiseer.Die samestelling van die atmosfeer het verander.Suurstof ontstaan deur fotosintese.Alge en wurmagtige diere maak hul verskyning.Eerste tekens van primitiewe lewe.Lewe begin ontstaan.Die Atmosfeer moes hoofsaaklik uit Stikstof,Metaan en Ammoniak bestaan het.Die Oer-Atmosfeer se temperatuur moes van 20 grade Celsius-80 grade Celsius gewees het.Weerligontladings en ultraviolet sonlig het op die Oer-Atmosfeer die vorming van organiese stowwe bewerkstellig.

Lewe op die planeet het ‘n bepaalde chemiese samestelling gehad.So kry ons dat Prikkelbaarheid,Reaksie,die vermoë tot Stofwisseling(assimulasie en dissimilasie),Groei,Voortplanting en die Regulasie van die Invendige Milasie van organe en selle(homeostase)deel daarvan uitgemaak het.

Ons hou die volgende artikel as ‘n verrassing:Kom kyk gerus!!

Stone Evans, The Home Biz Guy can help you launch your very own
money making website today that’s 100% ready to take orders and
pull in massive profits for you right now … guaranteed! Visit:
http://www.PlugInProfitSite.com/main-38203

Ek is so opgewonde dat ons verbind is met mekaar.

Kom teken eers aan,assublief.

Wag Eers. Moet nie Vergeet om In Te Teken nie?

Teken assublief sommer nou dadelik aan.

[wpforms id=”100″ title=”true”]

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Pin It on Pinterest

Enjoy this blog? Please spread the word :)